Verstaan korttermyn-versekering en kies die regte produk

Die korttermynversekeringsbedryf het die afgelope aantal jare verwikkelinge beleef wat die kenmerke van ’n prysoorlog dra.

by | Aug 18, 2021 | 0 comments

Sommige versekeraars het op groot skaal premies verlaag om kliënte te lok. Baie kliënte het daarna reëlmatige stygings in hul premies ervaar, met baie wat ook groter probleme met uiteindelike uitbetalings ervaar het.

Dit is ook belangrik dat ’n mens bewus is van die verskil tussen lang- en korttermynversekering. Wat kliënte moet doen, is om die verskillende prysopsies wat beskikbaar is, te ondersoek en op grond daarvan ’n oordeelkundige besluit te neem.

Versekeringsprodukte en koerse verskil van versekeraar tot versekeraar en dit is selde dat appels met appels vergelyk kan word.”<br>Wat op die oog af na die beste transaksie lyk omdat dit die goedkoopste is, is dalk nie die mees gepaste een vir jou behoeftes nie en mense moenie besluite net op grond van prys neem nie.

<h6>Van die aspekte wat in ag geneem moet word, sluit in die beskikbare dekkingsvlakke, die omstandighede waaronder die dekking sal geld en wie verantwoordelik sal wees vir ’n eis met ’n ongeluk of wanneer by jou huis ingebreek is.

Dit is feitlik onmoontlik om ’n vergelyking tussen die verskillende opsies te tref. Maar daar is maniere om dit te hanteer. Eerder as om een kwotasie met ’n ander te vergelyk, help dit dalk meer as jy ’n kontrolelys skep waarteen jy self die verskillende aanbiedinge beoordeel op grond van jou eie behoeftes. Byvoorbeeld, as jy meen dit is belangrik dat ’n versekeraar dekking met bykomende paddienste verskaf, kies daardie versekeraar wat dit wel aanbied.

Our Picks

Browse categories

We are social

– Advertisement –