Westergloed-gemeente vier fees met vermaak vir oud en jonk

Die NG Kerk Nelspruit-Westergloed hou Saterdag (2 Augustus) ’n Wandelfees op die kerk se terrein by Koraalboomlaan 36 in Westacres, Nelspruit.

by | Jul 31, 2025 | 0 comments

Die fees skop af om 09:00 en besoekers kan uitsien na ‘n dag propvol heerlike eetgoed en vermaak vir oud en jonk.

Kom smul aan pannekoek, vetkoek, boerewors, kerrie en rys, hamburgers, lekkergoed, koeldrank, en vele meer terwyl jy jou vriende die stryd aansê in die Google-vasvrae, of raffle kaartjies koop om in aanmerking te kom vir groot pryse.

Vir die kinders is daar skyfskiet- en inkleurkompetisies om aan deel te neem terwyl ouers op die Wit Olifant-tafel kan rondkrap of vars groente by die groentetafel koop om huis toe te neem.

En moenie vergeet om op pad huis toe ’n draai te maak by die vleistafel vir iets lekker vir Sondag se braai nie!

Die feestelikhede hou aan to 15:00, met nog oorgenoeg tyd vir ’n middagslapie.

Our Picks

Browse categories

We are social

– Advertisement –