“Hierdie outjies is dikwels introverte en baie skaam; dis die outjies wat nie eintlik goed doen met ’n spansport nie. Maar skiet het vir hulle selfvertroue gegee en in mekaar kon hulle vriendskap en ’n hegte ondersteuningsnetwerk vind wat hulle nie andersins sou hê nie,” sê Talita Venter, organiseerder en een van die afrigters.
En nou het dit tyd geword vir hierdie groep skuts op die foto hierbo – Grethe de Klerk, Jorette du Plessis, Suané Moller en Zavier Hunter – om saam Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te verteenwoordig. Dit vind plaas vanaf 26 September tot 2 Oktober in Bloemfontein. Zavier en Jorette neem deel in die onder-21 ouderdomsgroep en Grethe en Suané in die onder-16 ouderdomsgroep.
ALSO READ: Popular Night of a Thousand Stars returns in style – myLowveld.net
Leerlinge neem deur die jaar aan sewe kompetisies deel en op grond van hul uitslae word hulle na die Mpumalanga-finaal genooi.
“Hierdie vier het so goed gedoen dat hulle by die Mpumalanga-finaal gekies is om die provinsie by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te verteenwoordig,” sê Venter.
Daar is egter ’n struikelblok in die skuts se pad. Elkeen moet R11 500 betaal om na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te kan gaan.
“Skiet is ’n gedissiplineerde sport, daarom oefen ons reg deur die jaar,” sê Lianie Moller, mede-afrigter.
ALSO READ: Mr and Miss Bergvlam crowned with a celebration of colour, energy and talent
“Dit vat baie toewyding om in die skietspan te wees. Ons is baie trots op die skuts wat aan Suid-Afrikaanse kampioenskappe kan gaan deelneem, hulle het baie hard gewerk daarvoor. Ons sien ook uit daarna om in die toekoms nog meer skuts te hê wat deurdring,” sê sy.
“Dit is ’n geleentheid wat net een keer in ’n leeftyd oor hulle pad kom, en ons wil alles doen om seker te maak hul drome word waar,” sê Venter.
Diegene wat dié skuts wil ondersteun met skenkings, kan Venter kontak by 076 819 5829.

















