Toyota Innibos 2026: ’n fees propvol van alles wat IN is

Die Laeveld verander eersdaags weer in ’n feesparadys waar musiek, teater, boeke, kuns, rugby, kuier, kos en inkopies saamvloei in een onvergeetlike ervaring.

by | Jun 4, 2026 | 0 comments

Van groot verhoogproduksies tot die gewilde feesterrein, Woelwaters vir die kinders en die bekende kuierverhoë, beloof Toyota Innibos 2026 om weer ’n onvergeetlike ervaring te wees.

Die Feesterrein – waar alles gebeur

Die hart van Innibos is die feesterrein, waar duisende feesgangers elke dag saamtrek vir ’n unieke feeservaring. Hier wag vier kuierverhoë, biertente, heerlike eetgoed, topgehalte uitstallings en natuurlik die beste kunstenaars. Daar is ’n pretpark, 300 kos- en ander stalletjies om van te kies, die ATKV boeke-oase en kunsuitstallings wat jou sommer gekultiveerd sal laat voel! 

Van vroegoggend af bruis die terrein met energie, en saans verander dit in ’n fees van ligte, musiek en kuiergenot wanneer feesgangers die konserte met van ons land se beste kunstenaars op die Innibos-hoofverhoog geniet.

LEES OOK: Mopani Wingerd Kuiertuin by Toyota Innibos is dié plek vir fynproewers

Toyota Innibos 2026

Rugbykoors tref Toyota Innibos

Op Saterdag, 4 Julie, gaan die gees behoorlik kookpunt bereik wanneer die Springbokke teen Engeland uitdraf. Feesgangers word aangemoedig om reeds van 17:00 af stelling in te neem voor die  afskop om 17:40, en Innibos se groot skerm gaan sorg dat niemand ’n oomblik van die aksie misloop nie. Dis die perfekte geleentheid om saam te skreeu en te kuier.

En dan, net nadat die eindfluitjie geblaas het, begin die KykNET-musiekvertoning stiptelik om 19:30. Hou vas, want die Saterdagaand beloof hoogtepunt op hoogtepunt!

LEES OOK: Bespreek ’n kuiertafel of jou eie stoel in die Goue Sirkel vir die beste ervaring by Toyota Innibos 2026

Waarna kan jy uitsien:

  • Donderdag, 2 Julie, se Huisgenoot-afskopkonsert bied ’n reuse-aanbod van kunstenaars wat Die Heuwels Fantasties, Die Piesangskille, Elvis Blue, Karlien van Jaarsveld, Ricus Nel, Van Pletzen en Pieter Koen insluit.
  • Vrydag, 3 Julie, se Jacaranda FM-konsert bring nóg van die land se top kunstenaars, soos Bobby van Jaarsveld, Fokofpolisiekar, Juanita du Plessis, Riaan Benadé, Spoegwolf en Zaan Sonnekus, na die verhoog. 
  • Saterdag, 4 Julie, na afloop van die rugby, begin die kykNET-konsert met Appel, Barto, BlackByrd, Brendan Peyper, Early B, Elandré, Eloff, Francois van Coke, Irene-Louise van Wyk, Juan Boucher en Riana Nel. En daar wag sonder twyfel ’n verrassing of twee vir jou.
  • Op Sondag, 5 Julie, sluit Toyota Innibos op ’n gepaste wyse af met Loof Hom Innibos by Church Unlimited, met Riana Nel as hoofkunstenaar.
Toyota Innibos 2026

Kaartjiepryse vir die feesterrein:

  • Laerskoolkinders tot en met 13 jaar: GRATIS
  • Senior burgers: R195 (Slegs Donderdag)
  • Donderdag: R250
  • Vrydag: R325
  • Saterdag: R385
  • Weekkaartjie: R775

Benewens die feesterreinprogram is daar ook ’n sterbelaaide teater-, leefstyl- en klassieke program in venues buite die feesterrein. Sandra Prinsloo, Frank Opperman, Je-ani Swiegelaar, Coenie de Villiers en Amanda Strydom is onder andere vanjaar by Innibos op die planke.

Die volledige feesprogram en kaartjieverkope is by innibos.co.za te kry.

Our Picks

Browse categories

We are social

– Advertisement –