Table of Contents
Dié naweek sal van 30 Oktober tot 1 November by Mankele Adventures buite Nelspruit plaasvind, en is die laaste samekoms vir die jaar.
Dié samekoms is bedoel vir almal wat sommer net lief is vir Afrikaans en sy kultuurgoedere, en die ATKV se visie om die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar en aktief deel van nasiebou, versoening en ’n suksesvolle Suid-Afrika te maak, deel.
LEES OOK: Vlammies se ATKV-jeugtak skop af met ’n knal
ALSO READ: Mpumalanga NPO Expo wants to build stronger partnerships in Mpumalanga

ATKV Laeveld vier Afrikaans-wees met boeresport en musiek
Die ATKV is in 1930 in Kaapstad deur twaalf mense gestig as ’n organisasie waar mense die lekkerte van Afrikaans-wees met mekaar kon deel. Vandag is dit dié Afrikaanse kultuurtuiste met ongeveer 70 000 hooflede en 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek.
Op die program is ’n takvergadering, boeresport, lekker eet, kuier, en die aankondiging van Mnr. en Mej. ATKV-tak Laeveld. Die gaskunstenaar vir die naweek is die Laeveldse bekende en geliefde Anne-Mari.
ALSO READ: Underfunded GRIP still stands firm in fight against gender violence





ATKV Laeveld vier Afrikaans-wees met lekker kos
Daar sal ook heerlike eetgoed te koop wees teen baie redelike pryse.
Beperkte plekke vir akkommodasie is beskikbaar en moet vooraf aanlyn bespreek word. Besoek gerus Mankele Adventures se webtuiste of stuur ‘n e-pos om ’n bespreking te maak. Saterdag is gratis vir dagbesoekers en plakkers sal voor die tyd beskikbaar wees.
Vir meer inligting, kontak Anita Hitge by 082 333 8364 of anita.hitge@gmail.com.




















