Toyota Innibos maak jou fees-ervaring maklik, gerieflik en stresvry

By Toyota Innibos gaan dit nie net oor wêreldklasvermaak nie – elke feesganger moet ook die fees gemaklik, veilig en sonder onnodige moeite kan geniet – en daarom bied die fees verskeie dienste aan om die hele Innibos-ervaring so gerieflik as moontlik te maak.

by | Jun 24, 2026 | 0 comments

“Ons wil hê mense moet kuier, lag en na musiek luister sonder om bekommerd te wees oor parkering, vervoer of waar om hul goed te bêre,” sê Andy Lubbe, feesbestuurder.

Parkering word ook maklik gemaak met die Stop-en-Hop-diens wat moontlik gemaak word deur i’langa Mall, Citybug, Buscor en DNATel. Besoekers kan gratis by i’langa Mall parkeer en daar sal elke halfuur ’n pendelbus wees wat hulle tussen die mall en die feesterrein sal vervoer. Dit beteken minder verkeersdruk en meer tyd om die fees te geniet.

Vir feesgangers wat teaterproduksies in die stad wil bywoon, bied die gewilde TRAC Bossewa-diens ’n pendeldiens wat 45 minute voor elke vertoning vanaf die feesterrein sal vertrek en besoekers na die verskillende teater-venues in Nelspruit sal vervoer. Ná die vertoning bring die Bossewa jou weer veilig terug na die fees. Retoerritte kos slegs R40. Bel 082 321 5443 om te bespreek.

LEES OOK: Mopani Wingerd Kuiertuin by Toyota Innibos is dié plek vir fynproewers

Toyota Innibos
Dis amper weer tyd om al wat lekker is by die Toyota Innibos te vier.

Het jy ’n kampstoel, inkopiesakkies van die meer as 300 stalletjies wat jy besoek het, jou warm baadjie of ander items wat jou hande volmaak? 

Die Bêreplekkie bied veilige stoorgeriewe vir jou besittings. Die beste deel is dat dit wat jy betaal om items te bêre aan liefdadigheid geskenk word.

Gesinne word ook nie afgeskeep nie. Die gewilde Woelwaters-kinderoppasdiens maak dit moontlik vir ouers om aandkonserte sorgvry by te woon terwyl kinders veilig versorg en vermaak word. Ná afloop van die vertoning kan ouers hul kinders weer kom haal. Bespreek by 082 321 6311.

Daar ook gratis WiFi geborg deur Nashua op die feesterrein beskikbaar.

LEES OOK: Innibos exhibition showcases the evolution of South African craft

Van musiek, teater, leefstyl en kos tot gerieflike vervoer, veilige stoorplek, kinderoppas en gratis internet – Toyota Innibos bewys weer dat ’n suksesvolle fees nie net gaan oor wat op die verhoë gebeur nie, maar ook oor die gemak wat die besoekers beleef.

Vir kaartjies en inligting besoek innibos.co.za.

Our Picks

Browse categories

We are social

– Advertisement –