Bespreek ’n kuiertafel of jou eie stoel in die Goue Sirkel vir die beste ervaring by Toyota Innibos 2026

Feesgangers wat op soek is na ’n eksklusiewe ervaring by vanjaar se Toyota Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees kan nou ’n kuiertafel of stoel bespreek vir enige van die drie aande se konserte op die feesterrein by Bergvlam Hoërskool.

by | Apr 1, 2026 | 0 comments

Vanjaar se fees vind van 2 tot 5 Julie plaas. 

Ná oorweldigende navrae is die gewilde premium feeservaring uitgebrei en volgens Andy Lubbe, feesbestuurder van Innibos, bied die kuiertafels en stoele in die Goue Sirkel die perfekte kombinasie van gemak, eksklusiwiteit en feespret. 

“Baie feesgangers wil ’n meer eksklusiewe ervaring hê en ons sal vanjaar meer bespreekte stoele, kuiertafels en veldlosies (pods) by die aandkonserte beskikbaar hê,” sê hy.

Bespreek 'n kuiertafel

Die hoofverhoog bied elke aand ’n unieke mengsel van kunstenaars aan wat iets vir elke feesganger sal bied.

By Donderdagaand (2 Julie) se Huisgenoot Afskopkonsert sal groot name soos Die Heuwels Fantasties, Elvis Blue en Karlien van Jaarsveld, asook gunstelinge soos Ricus Nel, Van Pletzen en Die Piesangskille te sien wees.

ALSO READ: VIBE Innibos wil die volgende geslag kunstenaars toerus en inspireer

Vrydagaand (3 Julie) se Jacaranda FM-konsert bied ’n kragtige kombinasie van kunstenaars – van Bobby van Jaarsveld, Riaan Benadé, Zaan Sonnekus en Juanita du Plessis tot die alternatiewe klanke van Fokofpolisiekar en Spoegwolf.

Op Saterdag (4 Julie) pak die Springbokke Engeland, en dié rugbywedstryd sal regstreeks op die groot skerms uitgesaai word, gevolg deur ’n sterbelaaide konsert op die kykNET-hoofverhoog wat kunstenaars soos Appel, Francois van Coke, Brendan Peyper, Early B, Elandré, BlackByrd en vele meer insluit. 

“Behalwe vir die kunstenaars wat hier genoem word, wag daar soos altyd hope verrassings en ekstra kunstenaars op feesgangers om na uit te sien,” sê Andy.

Behalwe die “mosh pit” waar oud en jonk elke aand reg voor die hoofverhoog hul heupe kan swaai, sal daar ook 50 kuiertafels, met plek vir ses mense by elke tafel, beskikbaar wees: Donderdagaand teen R1 210, Vrydag teen R1 810 en Saterdag teen R2 110 per tafel van ses mense.

Bespreek 'n kuiertafel

“Sodra jy jou tafel bespreek het, druk eenvoudig jou bespreking uit en met jou aankoms by die Goue Sirkel sal sekuriteitsbeamptes armbande gereed hê vir elkeen van jou gaste.

“Indien jy nie ’n tafel wil bespreek nie, kan jy ’n stoel in die Goue Sirkel bespreek. Daar sal elke dag 540 bespreekte stoele beskikbaar wees. Donderdag en Vrydag kos dié kaartjies R160 per persoon en Saterdag R210. Armbande kan met jou aankoms by sekuriteitsbeamptes by die Goue Sirkel-ingang afgehaal word,” sê Andy.

Feesterrein-parkeerkaartjies sal beskikbaar wees teen R260 per dag.

ALSO READ: A Tua Casa reg om Laevelders te bederf met voortreflike kos

Kaartjies vir die kuiertafels en stoele sluit nie toegang tot die algemene feesterrein in nie. Toegang tot die feesterrein kos R250 vir Donderdag, R325 vir Vrydag en R385 vir Saterdag.

’n Beperkte hoeveelheid veldlosies is tans nog beskikbaar, kompleet met ’n kelner wat drankies bedien vanaf die kroegarea, vir ondernemings wat graag hulle kliënte wil onthaal.

Feesgangers wat nie van die kuiertafels en stoele gebruik wil maak nie, kan steeds die konserte vanaf die pawiljoene of gras beleef teen geen ekstra koste buiten die gewone feesterreintoegangsfooi nie.

Vir kaartjies en inligting, besoek innibos.co.za.

Our Picks

Browse categories

We are social

– Advertisement –