NG Gemeente Witrivier se Lente Kuierfees die naweek is die plek om te wees

Die NG Gemeente Witrivier se Lente Kuierfees vind die naweek (29 en 30 Augustus) plaas en beloof hope pret en lekker kuier.

by | Aug 26, 2025 | 0 comments

Vrydagaand se feestelikheid vind plaas by Arch and Arrow op die Yaverland-pad buite Witrivier, en besoekers kan uitsien na ’n heerlike ete met hoender en eisbein op die spyskaart, terwyl Voodoo Kudu die vermaak sal verskaf.

’n Veiling deur Meerkat Auctions wat om 17:00 gaan begin sal beslis ’n hoogtepunt wees, met vakansies, jaggeleenthede, sportpakette, unieke ervarings en hope verrassings wat wag.

ALSO READ: SPCA adoption rules there to protect animals

NG Gemeente Witrivier se Lente Kuierfees

Etekaartjies is beskikbaar by die NG Gemeente Witrivier se kerkantoor, of kontak 074 064 5009.

Die vrolikheid word Saterdag voortgesit by die NG Gemeente Witrivier en die hekke maak reeds om 08:00 oop.

ALSO READ: Snuggle Bugs Play School prepare toddlers for school one game at a time

Daar gaan kosstalletjies wees wat burgers, pannekoek, nagereg, lekkers en ander heerlike eetgoed verkoop, en plante en vars vrugte en groente sal ook beskikbaar wees. ’n Tombola tafel met wonderlike tweedehandse skatte sal die hart van elke versamelaar warm laat klop.

NG Gemeente Witrivier se Lente Kuierfees

Moet ook nie die bierproe in die kuiertent misloop nie! Lekker musiek, ’n slangvertoning en karaoke sal ook die kuiertent lekker lewendig hou.

In die Kindertent sal Zippy die Nar vermaak verskaf, met verfbal en springkastele om kinders sommer heeldag besig te hou.

Besoek die fees se blad toe vir meer inligting of sluit aan by die WhatsApp-groep.

Our Picks

Browse categories

We are social

– Advertisement –