CMR in Nelspruit sukkel om kop bo water te hou

Die heel ergste is om te moet nee sê vir mense wat desperaat is vir kos vir hulle gesinne.

by | Mar 25, 2025 | 0 comments

Só sê Thea Rix, raadsvoorsitter van CMR in Nelspruit.

Soos met baie ander nie-winsgewende organisasies in die Laeveld, trek CMR swaar en skenkings is min.

Die CMR, of Christelik-Maatskaplike Raad, lewer ’n omvattende maatskaplike diens aan gemeenskappe om hulle sosiaal, emosioneel en ekonomies te bemagtig.

Die organisasie ontvang die grootste gedeelte van sy befondsing can die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, maar dit is envoudig nie genoeg om aan die behoeftes wat net al hoe meer word te voldoen nie.

LEES OOK: Nelspruit community open their hearts and wallets to support needy families

Daar werk twee maatskaplike werkers, een hulp-maatskaplike werker en een administratiewe beampte by die CMR se kantoor in Nelspruit.

“Wanneer ons boekjaar aan die einde van Maart eindig, is dit met ’n tekort van R131 000. Ons begrotingstekort vir die volgende boekjaar is R285 000. Om te kan oorleef, met ons die geld self insamel,” sê sy.

Sy sê baie mense verloor hulle werk of kry eenvoudig net nie werk nie en sommige van hulle eindig op die straat. In Nelspruit is daar geen tydelike behuising beskikbaar vir sulke kwesbare gesinne nie.

LEES OOK: CMR vra dringend hulp met kos- en ander skenkings

“Ons verskaf kospakkies aan tussen 20 en 30 gesinne elke maand en ons sien elke dag hoe die nood net al hoe groter word. Al hoe meer mense is afhanklik van skenkings,” sê Thea.

Sy sê ’n kospakkie vir ’n gesin vir twee weke kos sowat R900, en dit sluit nie vars produkte soos vleis en groente in nie.

“Ons vra veral vir nie-bederfbare kos, omdat dit soms moelik is om vars produkte vinnig genoeg uit te deel voordat dit bederf. Maar alles is welkom – ook meubels, klere, toiletware en skoonmaakmiddels. Ons kan letterlik enigiets gebruik,” sê sy.

Sy sê daar is veral ’n tekort aan mans- en seunsklere, en kombuisware.

Voorbeeld van die kospakke wat die CMR aan gesinne oorhandig:

  • Blikkies sousbone
  • Blikkies vis
  • Blikkies boeliebief
  • Soppoeier
  • Suiker
  • Spaghetti
  • Macaroni
  • Mieliemeel
  • Bruismeel
  • Rys
  • Olie
  • Stampmielies
  • Melk en poeiermelk
  • Konfyt
  • Grondboontjiebotter
  • Teesakkies
  • Sojamaalvleis
  • Seep
  • Tandepasta
  • Toiletware
  • Skottelgoedseep
  • Sjampoe

Vir meer inligting, skakel Thea Rix by 082 771 2889 of besoek die CMR se kantore in Nelspruit by Branderstraat 36.

Our Picks

Browse categories

We are social

– Advertisement –