Wednesday, 20 October, 2021

|

Mpumalanga jongboer van die jaar aangewys

Kirch Muller is tydens Mpumalanga Landbou se Kongresdinee op Donderdag 3 Junie, by Forever Resort Badplaas, aangewys as Mpumalanga 2021 Toyota SA/Santam Agri Jongboer van die Jaar.

Kirch is die uitvoerende bestuurder van die Hoëveld-tak van Zonnebloem Boerdery in die Middelburg-distrik. Kirch is verantwoordelik vir beide die saai van bykans 6 000 ha en die veeboerdery van ongeveer 1 000 beeste. Hy is ook lid van Leeuklip Boerevereniging.

Hy is reeds 12 jaar in diens van Zonnebloem Boerdery waar hy as voorman begin werk het. Presisieboerdery is onder sy bestuur by Zonnebloem Boerdery gevestig.

Kirch is getroud met Joanene en hulle het drie kinders.

Mpumalanga Landbou het Zonnebloem Boerdery gelukgewens met hierdie besondere prestasie van hulle uitvoerende bestuurder.

Mpumalanga Landbou skryf vir Kirch Muller met groot trots in vir deelname aan die 2021 Agri SA/ Toyota SA Nasionale Jongboerkompetisie.

Leave a Reply