Sunday, 21 July, 2024

|
Met die hulp van Jonsson Workwear kan die Innibos Kunstefees spesiale Local-is-Lekker weektoegangskaartjies teen ’n afslagprys vir Laevelders aanbied.

Laevelders kan nou Innibos-weekkaartjies teen afslagprys koop

Met die hulp van Jonsson Workwear kan die Innibos Kunstefees spesiale Local-is-Lekker weektoegangskaartjies teen ’n afslagprys vir Laevelders aanbied.

Dié kaartjies word op Saterdag, 22 Junie, vanaf 09:00 by Jonsson Workwear se winkel in Eastern Boulevard, Riverside Park (naby Makro) teen net R500 per kaartjie verkoop. Slegs kaarte sal aanvaar word as betaling (geen kontant nie).

Dit sluit die Huisgenoot-afskopkonsert op Donderdag, 27 Junie, Die Jacaranda FM-konsert op Vrydag, 28 Junie, en die kykNET-konsert op Saterdagaand, 29 Junie, in. 

HOOFFOTO: Thokozani Mathebula (links) en Zanele Manikele (regs) van Jonssons Workwear en Casey Schaeffer van Innibos (middel) met die Local-is-Lekker weekkaartjies.

Innibos Kunstefees bied vanjaar weer ’n wenresep van uitstaande toneelstukke, musiek, boekgesprekke, beeldende kuns én hope feesvermaak aan.
Juanita du Plessis.

Van Suid- Afrika se gewildste kunstenaars gaan aan hierdie konserte deelneem. Dit sluit name in soos Juanita du Plessis, Appel, Rian Benade, Karlien van Jaarsveld, Elandré, Bok van Blerk, Early B, Elvis Blue en Ricus Nel, om maar net ’n paar te noem. Op Saterdagaand is daar ’n vol orkes, dansers, spesiale effekte en die Mzanzi Jeugkoor wat verdere luister aan die program sal gee.

Buiten die fantastiese hoofverhoogkonserte bied die feesterrein ook ’n lekker komedieprogram by die Lavelder Boma Kuierteater, kinderteater en aktiwiteite vir kinders by die SPAR Woelwaters-venue, en drie kuierverhoë waar daar elke dag ’n vol vermaakprogram aangebied word met kunstenaars soos die Coffee Snobs, Damian Beer, Janie Bay en vele ander. 

Aansoeke vir kunstenaars wat volgende jaar op die Innibos Kunstefees se kuierverhoë wil optree sluit môre.
Coenie Naudé.

Op Saterdagaand is daar op die kykNET-kuierverhoog ook vir die jonges van gees ’n alternatiewe konsert met kunstenaars soos Zaan Sonnekus, Mathew Gold, Coenie Naudé en Die Heuwels Fantasties.

Daar is in totaal meer as 200 kunstenaars wat op die feesterrein optree, en al hierdie vertonings is gratis by jou hektoegang ingesluit. Maak dus gebruik van die Local-is-Lekker aanbod en maak seker dat jy nie die grootste, lekkerste, beste fees in die Laeveld misloop nie. 

Daar is slegs ’n beperkte aantal van hierdie spesiale-aanbod kaartjies beskikbaar.

Leave a Reply