Wednesday, 20 October, 2021

|

Laerskool Malelane-boeties beïndruk tydens Enduro

Twee boeties het onlangs beïndruk tydens hul deelname aan die Malalane Toyota Enduro-ren.

Jean en Luan Horn, leerders van Laerskool Malelane, het op hulle veldmotorfietse deelgeneem aan die Malalane Toyota Enduro, iets wat gewoonlik net deur hardebaarde aangepak word. Die enduro-ren het meer as 200 deelnemers getrek en die wedren, wat oor twee dae plaasgevind het, is as suksesvol beskryf.

Jean en Luan Horn is die jongste geslag van die Horn-familie van Malalane wat bekend is in motorsportkringe. Hulle oom, Werner Horn, is die handelaarshoof van Malalane Toyota, hoofborg van die ren.

Hulle pa, Johan Junior, sê die roete was baie uitdagend en het oor klipperige terrein, deur modderpoele, ’n gruisgroef en steil op- en afdraandes geloop. Die boeties het in die Kickstarter-klas meegeding.

Jean (9) en Luan (7) het hulle goed van hulle taak gekwyt en dit is duidelik dat hulle skool, Laerskool Malelane, baie trots is op hulle leerders.

Die sewe-jarige Luan Horn (links) en sy nege-jarige boetie Jean Horn (regs en ook op die hooffoto) hard aan die werk in die Kickstarter-klas van die onlangse Malalane Toyota Enduro.

Leave a Reply