Wednesday, 20 October, 2021

|

Laaste saalopening vir NHS-klas van 2021

Vanjaar se NHS-matrieks het Maandag die laaste saalopening van hul hoërskoolloopbaan bygewoon.

Na afloop van die opening het die leerders en onderwysers ’n erewag vir hulle gevorm, al die pad van die rugbyveld tot by die Vinculum, waar die matrieks die geleentheid gekry het om ’n slot aan die Vinculum-struktuur te sluit.

Met hierdie slotte aan ’n lang ketting sluit die Nellie simbolies sy kosbare kleinnood van kindwees af en bind hulle hulself aan hul alma mater, Hoërskool Nelspruit.

Hendrik Dreyer en Hugo Coetser


Naomi van der Nest en Ruben Gründlingh, die Dux-leerling vir 2020/2021 (hooffoto) het spesiale koerantuitknipsels, foto’s en aandenkings in die 2021-tydkapsule toegesluit wat tydens die groep se 10 jaar-reunie in 2031 oopgemaak sal word.

“Hoërskool Nelspruit bedank graag vir BUCO Nelspruit wat die slotte vir die geleentheid geborg het,” sê Janine Cronje, NHS se skakelbeampte.

Leave a Reply