Monday, 6 February, 2023

|
Ashley Erasmus NHS Hoërskool Nelspruit Atletiek

Kookwater-atletiek in snikhete weer by NHS se interhuis

Vanjaar se interhuis-atletiekbyeenkoms wat verlede Donderdag by Hoërskool Nelspruit plaasgevind het sal onthou word as een wat weens die versengende hitte groot uitdagings aan atlete, beamptes en toeskouers gestel het.

Daar is ondanks die moeilike omstandighede met mening op die veld en die pawiljoene meegedoen en deelgeneem.

Wat die gesogte spantrofees betref, het veral die Spartane en Atheners mekaar vanjaar behoorlik die stryd aangesê. Hulle het deur die dag binne trefafstand van ’n wentotaal gebly. 

Die Spartane se seuns het uiteindelik daarin geslaag om ’n skrale voorsprong te behou, en eindig die byeenkoms met 770 punte, 20 punte voor die Atheners, met die Trojane (622) in die derde posisie. 

Die Atheners se meisies het eerste (777) gekom, gevolg deur die Spartane (596) en die Trojane (493). Hulle voorsprong was groot genoeg om die spantrofee (gesamentlik) vir 2023 aan die Atheners met 1 527 punte te besorg.

Die Spartane was waardige naaswenners met 1 366 punte, en die Trojane met 1 115 punte was in die derde plek. Die Spartane is as wenners van die geesbeker aangekondig.

Sheba Sithole
Sheba Sithole

Vier individuele trofees is vir beste prestasies van die dag deur junior atlete (ouderdomme 14 en 15) en senior atlete (16, 17 en 19) toegeken:

Junior seuns: Menzi Shiba (100m hekkies, seuns 15 – 14,17s – 791 ASA-punte)

Senior seuns: Divan de Kock (gewigstoot, seuns 16 – 16,45m – 845 ASA-punte)

Junior meisies: Zoë Cilliers (100m, meisies 15 – 12,51s – 845 ASA-punte)

Senior meisies: Ashley Erasmus (skyfwerp, meisies 19 – 50,93m – 1 000 ASA-punte). Sy het ook in gewigstoot 1 000 ASA-punte verdien met ’n afstand van 16,33m.

Die gesogte Victor en Victrix Ludorum-trofees vir beste atleet in elke ouderdomsgroep het ’n paar aangename verrassings opgelewer. ’n Atleet se drie beste vertonings (vir sy/haar span) se ASA-tabel punte is bymekaar getel. Vanjaar se wenners is:

  • Seuns onder 14: Luan Burger                                    
  • Meisies onder 14: Lana Theron
  • Seuns onder 15: Menzi Shiba                                    
  • Meisies onder 15: Zoë Cilliers
  • Seuns onder 16: Vaughn van Zyl                               
  • Meisies onder 16: Azelle du Preez
  • Seuns onder 17: Callum van Staden                           
  • Meisies onder 17: Zané du Toit
  • Seuns onder 19: Ryno Meyer                                    
  • Meisies onder 19: Ashley Erasmus  

Al is die nuwe seisoen nog net enkele weke aan die gang, is daar meer as genoeg statistieke beskikbaar om meer insig in Ashley Erasmus se puik prestasies te gee.

LEES OOK: NHS se atletieksterre eindig die seisoen met nog vyf nasionale medaljes

Verlede jaar is die Wêreld Junior Kampioenskappe in Kolombië aangebied, en daar het Suid-Afrika se Miné de Klerk, wat tans in die VSA studeer, die goue medalje in gewigstoot (17,19m) ingepalm. Slegs twee ander atlete kon daar verder as 16m haal, wat beteken dat Ashley (met haar 16,33m van Donderdag) sterk om die bronsmedalje sou meegeding het. Hierdie afstand sou Ashley verlede jaar nommer drie in die RSA gemaak het – alle ouderdomsgroepe ingesluit. Vanjaar het nog net veteraan-atleet Ischke Senekal van die Oostelike Provinsie, verder as Ashley gestoot – met 17,44m. En Miné het op háár eerste byeenkoms vir 2023 slegs 15,65m behaal.

In skyfwerp is Ashley met haar 50,93m nou gesamentlik tweede in die land vir 2023, na Senekal se 53,33m. Riëtte Heyns van die Vrystaat het ook verlede week 50,93m gegooi.

Ashley is die eerste meisie in Mpumalanga se atletiekgeskiedenis vir skole-atlete – en ook die Laeveld – wat die 4kg-gewig verder as 16m kon stoot en die werpskyf oor die 50m-merk kon laat grondvat.

LEES OOK: NHS wen atletiek-interhoër op eie bodem

Benewens Ashley se prestasies moet gewis melding gemaak word van die talle atlete wat daarin kon slaag om te midde van die verlammende Laeveldson 800 en meer ASA-punte te verdien:

Zané Nel (meisies onder 15): gewigstoot – 12,60m (867 ASA-punte); en skyfwerp – 34,95m (850 ASA-punte)

Zoë Celliers (meisies onder 15): 100m – 12,51s (845 ASA-punte); en 90m hekkies – 14,40s (820 ASA-punte)

Lana Theron (meisies onder 14): 100m – 12,93s (802 ASA-punte); en 200m – 26,66s (825 ASA-punte)

Sheba Sithole (meisies onder 16): 3 000m – 11:29,23 (800 ASA-punte)

Simoné Lourens (meisies onder 15): 90m hekkies – 14,50s (812 ASA-punte); en 300m hekkies – 48,43s (807 ASA-punte)

Diané van der Walt (meisies onder 14): gewigstoot – 10,73m (804 ASA-punte)

Christine Venter (meisies onder 17): gewigstoot – 11,55m (800 ASA-punte); en skyfwerp – 35,42m (827 ASA-punte)

Anja Venter (meisies onder 19): skyfwerp – 35,78m (804 ASA-punte)

Divan de Kock (seuns onder 16): gewigstoot – 16,45m (882 ASA-punte): en skyfwerp – 47,14m (832 ASA-punte)

Menzi Shiba (seuns onder 15): verspring – 6,28m (808 ASA-punte)

Vian Louw (seuns onder 15): gewigstoot – 14,23m (803 ASA-punte)

Vaughn van Zyl (seuns onder 16): gewigstoot – 14,60m (801 ASA-punte)

Gegewe die uiters bedompige weer wat prestasies bemoeilik het, is daar nog goeie vertonings (bo 750 ASA-punte) wat genoem moet word.

Lana Theron (m.14): 300m hekkies – 49,59s (793 ASA-punte)

Angelica Graham (m.19): 100m – 12,74s (767 ASA-punte)

Zoë Cilliers (m.15): 200m – 27,09s (789 ASA-punte); en 400m – 63,09s (781 ASA-punte)

Simoné Lourens (m.15): 400m – 64,16s (759 ASA-punte)

Vicky J. van Vuuren (m.15): gewigstoot – 10,63m (786 ASA-punte)

Anja Venter (m.19): gewigstoot – 10,36m (792 ASA-punte)

Shanré Ehlers (m.16): skyfwerp – 30,82m (752 ASA-punte)

Menzi Shiba (seuns onder 15): 100m hekkies – 14,17s (791 ASA-punte)

Jordan Pretorius (seuns onder 16): verspring – 6,43m (790 ASA-punte)

Ryno Meyer (seuns onder 19): gewigstoot – 13,68m (753 ASA-punte)

Vaughn van Zyl (seuns onder 16): skyfwerp – 44,46m (797 ASA-punte)

Ruben Lorist (seuns onder 19): skyfwerp – 39,05m (758 ASA-punte)

Leave a Reply