Nelspruit Primary School wen lekker prys met Kurt Darren-video

Nelspruit Primary School is verlede week amptelik gekroon as die wenner van Innibos se Kurt Darren-uitdaging vir skole en is beloon met prysgeld van R10 000 geborg deur Trans African Concessions (TRAC).

by | May 28, 2025 | 0 comments

Kurt Darren word vanjaar deur Innibos vereer vir sy groot bydrae tot Afrikaanse kontemporêre musiek. 

Die Innibos-span het verlede Vrydag die skool besoek om die prys te oorhandig. Innibos se gelukbringer, Frikke, die vlakvark met vlerke; Mr Canary van Canary Walk; Roary, Nelspruit Primary School se gelukbringer; en TRAC se gelukbringer, Joe, was ook daar tot groot vermaak van die kinders.

LEES OOK: Laeveld skud sy vere reg vir Innibos se propvol toneel- en musiekprogram

Om aan die kompetisie deel te neem, moes elke skool ’n video maak van personeel en leerders wat sing en dans saam met ’n Kurt Darren-treffer. Hulle moesook in die video die woorde Innibos 3 tot 6 Julie in Nelspruit: Lekker op ’n kreatiewe manier uitbeeld. Lekker is die tema van vanjaar se Innibos-fees.

Sandra Jacobs: Innibos se media- en bemarkingsdirekteur, sê alhoewel hulle beïndruk was met al die skole se inskrywings, het Nelspruit Primary School se inskrywing uitgestaan omdat die hele skool deelgeneem het en hulle video ’n storie vertel het.

“Daar was ook sommer ’n hele klomp Kurt Darren-liedies in hulle video en hulle entoesiasme was aansteeklik,” sê sy.

Michelle Gilday, hoof van Nelspruit Primary School, sê hulle is baie trots op dié prestasie.

Nelspruit Primary School
Sandra Jacobs: Innibos se media- en bemarkingsdirekteur.

“Ons het dit almal vreeslik geniet om die video te maak en uiting te gee aan ons kreatiwiteit. Natuurlik het ons gehoop ons gaan wen, maar die verrassing was steeds baie groot,” sê sy.

LEES OOK: Innibos se bemarkings- en mediaspan kry ’n entoesiastiese nuwe lid

Sy sê die skool het ’n lang verhouding met Innibos en die kinders en hul ouers ondersteun graag die fees. Nelspruit Primary School word ook elke jaar gebruik as parkeerarea vir feesgangers.

Die skool gaan ’n deel van die geld gebruik om nuwe meubels vir die voorportaal te koop.

Kyk hier na die wen-video.

Our Picks

Browse categories

We are social

– Advertisement –