Thursday, 25 April, 2024

|

Innibos stel lekkerlees kinderboeke bekend

Vir alle liefhebbers van die kunste is i’langs Mall die naweek dié plek om te wees.

Tydens ’n boekbespreking by die Piazza vertel Chris Daniel meer oor sy boek, African Educational Stories, en Martie Naudé oor haar boek, Die Padonkels van Hoekomsberg.

Renosterstroping en die bewusmaking daarvan lê Daniel na aan die hart en sy stories in Bongi’s Quest is daarop gerig om kinders te leer dat die natuur en dierelewe bewaar moet word.

Tydens die inperkingstydperk het Naudé, ʼn onderwyseres aan Hoërskool Nelspruit, die verhaal van Padonkels die lig laat sien.

Die verhaal is pragtig deur Karen Breytenbach (een van haar kunsleerders se ouers) geïllustreer en handel oor ʼn gelukkige gesinnetjie en hul vreemde diere in hulle ongewone wêreld.

Beide skrywers het hulle boeke self gepubliseer en Daniel se boek is in agt tale beskikbaar, insluitende Mandaryns.

Die derde boek wat by die bespreking beskikbaar was, was Die Avonture van Talita Tarentaal deur Louisette le Roux. Sy kon nie die bespreking kon bywoon nie.

Le Roux en haar gesin is al die afgelope 30 jaar gereelde wildtuinbesoekers. Haar boek handel oor die wedervaringe van ʼn tarentaal-familie in die wildtuin. Dit is propvol lekkerleesstories waarin ook ʼn les te leer is.

Naudé se doel is om haar boek by meer Laeveldse skole bekend te stel te stel, terwyl Daniel bewusmaking wil skep rondom renoster bewaring.

Die boekbespreking was deel van Innibos se inniMall-fees by I’langa Mall wat van 23 tot 25 September plaas vind.

Beide die skrywers het ‘n kort stukkie uit hul boeke aan die gehoor voorgelees.

Chris Daniel en Martie Naudé in gesprek met Annemarie van der Walt.

Leave a Reply