Saturday, 30 September, 2023

|
Laeveld Versekeringsmakelaars (LVM) se Krokonelletjie en Krokodilletjie-dag het vanjaar vir ekstra pret gesorg met ‘n wedloop waaraan vyf van die Laeveld se bekendste gelukbringers deelgeneem het.

Gelukbringers sê mekaar die stryd aan op Laerskool Nelspruit se sportveld

Laeveld Versekeringsmakelaars (LVM) se Krokonelletjie en Krokodilletjie-dag het vanjaar vir ekstra pret gesorg met ‘n wedloop waaraan vyf van die Laeveld se bekendste gelukbringers deelgeneem het.

Mr Canary van Canary Walk, Max van Re/Max, Frikkie van Innibos, Puma van die Airlink Pumas en Bugsy van Citybug het mekaar Saterdag die stryd aangesê in ‘n naelbyt-wedloop wat o die ou end naelskraap deur Frikkie van Innibos gewen is. 

Welma Bezuidenhout, hoof van Pro Gratia Leersentrum, en Hendru Kruger, een van die leerders, het die wentrofee aan die oorstelpte Frikkie oorhandig.

Die kinders, wat elkeen hul gunsteling luidkeels ondersteun het, het die wedren amper net soveel geniet as die vyf deelnemers.

Leave a Reply