Thursday, 13 February, 2025

|
Nelspruiters kan weer begin uitsien na die NG Kerk Nelspruit-Suid se gewilde jaarlikse vleisfees.

Ds weer tyd vir NG Kerk Nelspruit-Suid se vleisfees

Nelspruiters kan weer begin uitsien na die NG Kerk Nelspruit-Suid se gewilde jaarlikse vleisfees.

Dié fees word op Vrydag 25 Augustus op die kerkgronde gehou en dit begin om 14:00 en sal na verwagting redelik laat aanhou.

Die vleisverkope is sekerlik die grootste aantrekkingskrag op die dag, maar daar sal ook pannekoek, jaffels, braaivleis en worsbroodjies, slap chips, kerrie en rys, koeldrank, groente en vrugte, boeke, plante en boeretroos te koop wees.

Vir die smulpape sal daar ook pap en kaiïngs, heerlike tuisgebak en, natuurlik, poedings te wees.

’n Kindertafel, speletjies en skattejag sal die jongspan vermaak en van 16:30 tot 17:00 is daar ’n kunsteverhoog om na te kyk.

“Om 17:00 kan die besoekers nader staan vir ons veiling,” sê Henriëtte Sieckers, administratiewe beampte van die kerk. “Ons het nog nie die volledige lys van wat verkoop gaan word nie, maar ons het tot dusver pragtige handgemaakte leerprodukte gekry vir die veiling. Soos gewoonlik sal ons Tafel van Oorvloed ook interessante kopies hê vir almal.”

Om 17:30 kan die bobaas kokke nader skuif vir die Meesterkok-kompetisie.

Die NG Kerk Nelspruit-Suid is geleë te Ehmkestraat 93. Skakel die kerkkantoor vir verdere inligting op 013 744 1925, of stuur ’n e-pos aan admin@ngnelspruitsuid.co.za.

Leave a Reply