ATKV nooi almal uit na kuieraand by Mafunyane Water Park
Die Laeveld ATKV-tak nooi al sy lede en almal wat sommer net lief is vir Afrikaans na ’n kuieraand op Vrydag, 29 September, by die Mafunyane Water Park in Nelspruit.
Die kuier sal van 18:00 tot 22:00 aanhou.
Dit beloof om ’n heerlike aand te wees wat die hele gesin saam kan geniet. Al die glybane gaan oop wees en daar sal lewensredders wees om seker te maak dat almal veilig is.

“Almal is welkom om hul eie piekniemandjies en stoele saam te bring. Daar is ook braaigeriewe vir die wat verkies om ’n vleisie op die kole te gooi. Bring net jou eie vuurmaakgoed. Drinkgoed is ook welkom, solank dit blikkies of plastiekbottels is. Bring ook swemklere en handdoeke,” sê Anita Hitge van die Laeveld ATKV-tak.
Daar sal wel ’n klein snoepwinkel beskikbaar wees.
Toegang vir volwassenes en skoolgaande kinders is R50 en gratis vir voorskoolse kinders. Vir lede van die ATKV is toegang gratis. Die gebruik van glybane is ook gratis.
As jy wil saam kuier, kontak vir Anita op 072 587 1531 na 13:00 of stuur ’n WhatsApp na 082 333 8364.